2009-06-11

Daar's darem sulke lekker woorde in Afrikaans ...soos bedremmeld .... en dit kan so kreatief gebruik word .... soos ... ek het vanoggend bietjie bedremmeld gevoel.... bedremmeld ... lekker ou woord........

...maar na 'n rukkie in die tuin is die bedremmeldheid weg en voel ek weer na mens...

Dit is so lekker om weer te kan BUK .... dankie Vader my rug is beter. As ek dit kon bykom (dis nou my rug), sou ek dit gesoen het van waardering en pure blygeid. Liewe ou rug wat my nou al so lank getrou dra ....

Terwyl ek in die tuin besig was het ek op hierdie manjifieke sampioen swam afgekom op 'n ou stomp ....




Om te kan snoei is tog so lekker .....Het op kniee onder die lavenderbos ingekruip en die bos bygedam met die snoeisker ... wat 'n heerlike lekkerte op my neusgange! En plat op my alie gesit en van die struike (nou jong bome) van onder af gesnoei sodat ek 'n slaggie die stamme kan sien.




Hier is 'n kiekie van 'n lavender labarint ... (van die internet) ....eendag as ek groot is wil ek so een plant ...en met my kleinkinders in die labarint stap en armsvol laventel pluk ...




No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...