2009-06-09

Hier wil ek griffel ....



Soms is ek sommer net lus om in Afrikaans te griffel

Kom hang maar 'n bietjie rond, as jy lus is vir 'n getjommel in Afrikaans
Welkom - kom binne en hang 'n bietjie rond saam met my.
Na my ander blogs, findingprettyagain.blogspot.com en bellarosabellarosa.blogspot.com is ek meer bedrewe met hierdie bloggery en het dit tyd geword om 'n slaggie my moedertaal, wat hopeloos te veel afgeskeep is die afgelope paar jare, af te stof en bietjie te tjommel.  
pst kom ons gaan lees bietjie by karinsegriffels
Sommer in onopgesmukte Afrikaans
Sommer beskrywende woorde nie noodwendig vindbaar in die HAT nie
Sommer so tjommelrig
Sommer so uit my hart.


sommer so uit my hart
So, hier klim ek nou op my ou fietsiekie

foto vanaf internet


'n bietjie wiegelrig dalk, maar alte braaf in my ou kanterige vallietjiesrige rokkiekie en bossie blommetjies.
Dis 7 minute na middernag. My amper 16jarige meisiekind brand die middernagtelike kers terwyl sy aan nog 'n kunswerk werk vir eksamen "its got to be JUST RIGHT Mom"(het ek genoem dat my kinders Afrikaans aandag kort?). My oë is rooi (so bly ek het die ë ontdek : hou alt in met jou beste linkervinger en tik 1 3 7 een vir een vinnig in en siedaar jyt 'n perfekte ë - kompleet met 'n umlat).


Die oordosis kaffein wat ek drink om in simpatie my moeë oë oop te houhelp darem. 'n Ma moet mos maar saam wakkerbly en nou en dan die regte kloekgeluide maak en die regte lafenisse aandra vir inspirasie, energie, troos - jy weet mos.

Maar ek bewonder haar toegewydheid. My blomkind werk hard.


Kiekie geneem in my tuin - Solanum rantonnetii met kooigoed in die agtergrond
'n Blou blommetjie vir ma se Blompot.

Sy verjaar oor 11 dae.  16 met die wereld aan haar voete.  Kom loer weer in hoor en wees nou mooi en los vir my 'n ou briefiekie toe?

No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...