2009-06-11

Ons het vandag getjommel

Tjommel ...vandag het ek met 3 ou skoolpelle gaan koffie drink (ons het steeds kontak sedert graad 1 ... 1960 rond kan jy glo) ... ons kom so nou en dan bymekaar vir koffie en moet mekaar behoorlik stop en onderbreek om elkeen 'n beurt te gee om te praat .. (ek luister die mooiste - nes op skool ;) - gaan volgende keer MY beurt kry ...



En ons het getjommel, ...en ons het koffie gedrink, ...en ons het geskud van die giggel (ons het deesdae meer wat skud - altans sommige van ons)... en ons het vergeet van die ander mense ...

en toe ons weer sien was die tyd om ... maar ons beplan reeds weer die volgende keer, dan kuier ons tjommelend voort ...

No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...