2009-07-09

My Ma ...

Ek kyk na hierdie ou kiekie van liewe Ma ..

en ek verkyk my na die skoonheid en lewensafwagtig 


vasgevang en verewig hier op swart en wit.


Mooi getooi vir die geleentheid - dalk was dit die dag wat sy vir 


Ouma, haar toekomstige skoonma, ontmoet het.





Mooi gelint in die hare


mooi kuis bestrik voor haar bloes - ek wonder wat was die kleur?


En  hieronder, 


as blosende bruid in 1940






.. en ek is so bevoorreg om vandag te kan deel ..

dat dit goed gaan met my liewe Ma ..



nog helder van verstand en nog 'n sin vir humor

ten spyte van die stadiger pas, die dowwer visie


en die kwynende gehoor ..


en ek deel graag hierdie kiekie ..






'n kiekie van liewe Ma .. ..

 .. op haar 95ste verjaarsdag nou die dag in Junie .. ..


..ek's lief vir jou, Ma ....


Nog oor my liewe Ma hier en hier en hier en hier en hier



2 comments:

  1. Dankie vir die mooie mooi van jou kraaltjie.

    En ek kan my verkyk aan jou Mamma op haar troudag -- sy was asemrowend pragtig! Maar ag, kyk dan net die innemendheid van die liewe lag hierbo...koester haar tog elke oomblik. (My ou Moederma, toe amper 91, is verlede jaar Huistoe. Dis baie sleg om agter te bly.)

    ReplyDelete
  2. Baie dankie Mariki vir jou griffeltjie. Ek het pas 'n hele week met Ma gespandeer in Kleinmond ... net ek, sy en die hond ... en sal later daaroor uitwy ... dit was kosbaar. Kostelike foto's en herinneringe wat ek later sal uitpak en uitpluis op hierdie blog. Groete vanuit die Kaap.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...