2009-10-15

Nataniel

......."die middelkind was Heleen, ’n skugter meisietjie wat van kleins af haar eie hare so styf vasgemaak het dat haar oë eers in standerd drie begin knip het. Die jongste was ’n booswig, ’n dissipel van die donkerte...."

dankie tog vir mense soos Nataniel wat my laat lag ...

vir die wat nie weet nie .. hy skryf 'n rubriek vir Sarie al vir 'n jare en die res van hierdie griffel van hom kan hier gelees word


Dis lank reeds dat ek inskryf op hul nuusbrief en sien vandag eers watter heerlike webwerf dit is om op rond te kuier. Sarie ...

Gaan loer gerus daar in ... alles van styl

kos

artikels

Peter Veldsman se blog

Woonidees

en tonne meer ...



2 comments:

  1. Was lekker om hier rond te vroetel en sommer alles te lees.. raak maar eensaam hier ver!

    Baie nuwe dinge wat ek sommer vir myself kan lag.. Vrydag het die 'Fire ants' my een voet aangeval in die tuin en die gouste wat ek kon kry was haarsprei - toe bly hulle sommer net so sit. Onse mense ken nie van sulke wrede miere nie! Patrick moes gaan spuit sodat die goed my nie weer byt nie!

    Gister kom die kinders klop en vra of hulle 'n bal in die tuin kan gaan haal - kan ek asb vir Zak weghou.. aggg toe steek die hornet my 2x op my rug en dit brand vrekkit erg. Patrick moes weer gaan spuit daar waar hulle begin nes maak.. dink hy gaan my in 'n bubble sit as iets my nog een keer byt! Hy het nog spuitgif gaan koop net ingeval, sodat hy reg kan wees...

    Vanoggend loop ek in die tuin en kyk na alles.. het gewonder wat jy sou voorstel met daai vinger wat so in die en daai rigting gewys het en siedaar die tuin lyk in een dag heel anders!

    Hier is dit nou herfs.. sit met 'n tafel vol pakkies sade en weet nie wat om te plant nie. Wonder of dit weer gaan sneeu die winter.. Laas winter het ek al die buite potplante ingedra in die kombuis en die spesiale struike buite met plastiek toegemaak! Tot die son die volgende dag skyn en die plante begin kook in die swart sakke dan moet ek weer afhaal.. Wraggies daai aand dan se hulle dit gaan weer onder vriespunt wees en dan moet ek al die sakke weer opsit!! Dink die bure het net hulle koppe geskud..

    Mis die wyn drink in die tuin as die son sak - mis baie goed maar darem nognie die 'spotty chickens' of die hase wat my tuin so omgedolwe het nie!!

    Sien julle weer in Januarie... Lydia xxx

    PS: Lekker na jou Afrikaanse musiek geluister!!

    ReplyDelete
  2. Dankie Lydia .. Ek 'smile' oor al die nuwe belewenisse van jou, maar twyfel nie dat jy elke uitdaging vierkantig in die oge en met hande op die heupe aanvat. Die lente is so mooi hier en ek en die snoeisker wandel gereeld in die tuin. Ek mis ook ons lekker ou kuiertjies. xxx

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...