2009-11-05

Kom dans saam deur my tuin ...

...Kom dans saam met my in my tuin - dis weer lente ... die tarentale kom van vroegoggend af by hul hordes met hul kleintjies aan - hul weet die liewe hond sal niks maak nie ... ek het hom mooi vertel mens jaag nie geveerde gevaartetjies nie ... en as hy nou moet kwyl moet hy dit doen dat ek nie sien nie ...

en ek dink die 4 katte het lankal besluit die ma-tarentale kan venynig besitlik wees oor hul skarrelende kleintjies ...

Ons twee (die hond en ek) het twee witstinkhoutbome (celtis aricana) geplant - hopelik sal dit die ou lelike muur en die afkykende bure bietjie verdwerg ... met tyd natuurlik



... agter die hond se rug .. 'n jong geplante stinkhoutboompie - opgekom in my tuin (nie gekoop nie) ... versigtig oorgeplant met eiegemaakte kompos .... hoop hout vir winter en die aaklige muur ...



... elke jaar - sedert 1994 - kom my pasella blomme op - poppies en botterblomme ...



... die 'gister - more - oormore' - andersins ook bekend as "Yesterday, Today and Tomorrow, Verbleikblom - Brunfelsia pauciflora 'Eximia'" ... en 'n wollerige liewe ou kat in die venster ...


... my liewe meisiekind ...ek sien lente in my blommende kind ...



.... blommend nes my poppies ...




... my liewe kind en my liewe hond ... torring albei sonder dat hul dit weet aan die snare van Ma se hart ...




... die Geranium Maderense flirt oopbek met die bye en goggas ... elke jaar kan ek nie wag om te sien hoe dit blom nie ... hierdie ongelooflike plant het varingagtige blare en het 'n eienaardige groeiwyse - die ou blare dien as armpies om die plant te stut ...




...Ma se oopbek flirterige-sonder-dat-sy-dit-weet-meisiekind en haar ewe oopbek maatjie van sub A af al ... het gaan stap in die lenterige buurt ...



... uit 'n ander hoek van die tuin... daar is iets onbeskryflik bevredigend om deur 'n selfgeplante tuin te stap in die moredou ... om in die skadu van 'n stinkhoutboom te sit wat jyself geplant het ... om een aand na 'n lang winter skielik weer die hymenosporum flavum
te ruik sonder dat jy agtergekom het dat sy haar lente blomkleed aanhet ...


... daar is iets aan 'n bos blomme wat jy self pluk in jou eie tuin met 'n snuffelende hond om jou kaalvoete en tarentaaltjies wat skarrel agter hul kermende ma ...


... daar's 'n sekere gevoel wat tussen jou keel en jou hartskamer vladder wanneer jy twee ou tannietjies ... een 94 ... die ander een miskien 3 jaar jonger ... 
een aan elke hand neem ... met die hond vooruit ...
en voetjie vir voetjie skuifel deur jou tuin ...




daar's iets aan daardie gevoel wat my nederig laat voel in my tuin ...

...dankie vir die saamdans deur my tuin ...





Posted by Picasa

4 comments:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  3. This is lovely Karin, you are so talented!

    ReplyDelete
  4. Thank you Charline .. its nice to know you enjoyed it. I certainly enjoy piecing and weaving the pictures together.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...