2010-05-17

Neo ... oorlewingskat

Kegan en Neo


So 11 jaar gelede het ons gehoor van hom,
van hom en sy boeties en sussies
in 'n bleddie swartsak
vroeg een oggend op die ashoop gevind
ons harte het dadelik vermurwe vir die ou dingetjie.

Hy't lank nie gemiaw nie
ek reken hy't sy miauw opgemiauw
in daardie bleddie donker luglose plestieksak.
In ons harte het hy homself, sonder seremonie
Ingewurm, ingevroetel en ingesmokkel. 





'n Goeie companion is die ou harige diertjie,
altyd soekend na 'n gewillige skoot.
Hy's die getrouste pel tydens 'n siekbed
en selfs gewillig om Ma se bril te verdra
net vir hierdie kiekie.





Hy's glad nie 'n 'basket case' nie, ou liewe Neo
hy't al die grootste rotte huistoe gebring, 
net vir show en tell.






Met sy blitsige voorpoot het hy elke liewe koivis gevang 
myne en ek vermoed die heelwaarskynlik die hele buurt s'n
- die boggertjie
terwyl Ma nie kyk nie, natuurlik
enige beskaafde kat kort mos sushi.
Ou harige liefste dierasie 
jy hoe kan ek dan vir jou kwaad bly as jy so leepoog vir my loer?





Kom sit maar dan op my skoot

daar's altyd 'n ou holtetjie 
hier onder my handpalms
op Ma se skoot.

Nog oor Neo die oorlewings kat hier



2 comments:

  1. Karin, jy se in woorde wat ons wat te woord dom is voel! Te pragtig!

    ReplyDelete
  2. Baie dankie... dit beteken vir my baie as ek sien my woorde raak ander aan.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...