2010-10-07

Koffie in my tuin

Is jy ook lief vir tuin?  Kom drentel saam deur myne. 


Son vasgevang in 'n klos van 'n Keurtjieblom
  

Moredou op 'n Agaveblaar.

'n Stukkie hemel  weerkaats in 'n waterbak












Nicotiana Nicotiana jou lieflike ding. Elke jaar kom hierdie flerrie van 'n plant weer op en oorrompel my weer met haar reuk - oor en oor.  Sy en haar susters groei in die skadu van die Australiese Frangipani - 'n statige dame wie se aroma ek wens ek kon vasvang in 'n bottel om uit te haal wanneer sy gaan slaap tot volgende lente.

Nicotiana langs 'n  paadjie oorkant 'n mooi ou Agave

Geranium Maderense is hierdie pronkerige perserige meisie se naam en ja, sy kan nogal mens se asem wegslaan nê?  Al tragedie is dat sy na hierdie flambojante blommetentoonstelling doodgaan maar gelukkig my nalaat met armsvol saad wat die wind sal versprei na ander plekke in die tuin.

Geranium Maderense

Ek sit hier net vir hierdie foto.  Nuuteplante lamsoor voor die doelbewuste skeefgeplaasde plot.  En 'n stukkende potskerf wat nou 'n waterbak is vir die tarentaal babies

Getroue ou Pers laventel kompeteer met die perserige hemel

Verlei deur 'n boom - die mooie flambojante Hymenosporum Flavum
Hierdie stoel het ek hier vergeet voor die winter - nou los ek dit maar hier om te speel saam met die ivy en die purperwind - hy lyk dan so gelukkig hier. 
Sit 'n bietjie 
Die son skyn soos 'n flits in vanoggend se pienk purperwind blom - gister s'n se kleur reeds verblou.


Purperwind
Klokkies wat musiekmaak in my bome wanneer die wind draai. Die kinders spot my al oor klokkies wat oral in die tuin hang.
Laurette se kiekie
'My Ouma' - 'n paslike naam vir hierdie romantiese roos - wat sommer in 'n botteltjie swaai in die tuin - ja, sommernet.
Laurette se kiekie
 Ou gieters - afgetree tussen die blare van die Bignonia Cherere.
Laurette se kiekie
Vasgerygde skulpies wat Ma en ek destyds tydens ons weskustrippie van die klonkies langs die pad by Paternoster gekoop het. 
Laurette se kiekie
Die perlemoenskulpe wat die vorige eienaars hier gelos het (toe perlemoenduik nog toelaatbaar was) swaai vermakering in die wind aan 'n ou wynvathoepel. 
Laurette se kiekie
Die verweerde ou pophuis het ook afgetree en sy bly vir my steeds mooi.
Laurette se kiekie

Skulpe woon vrolik saam met die sterjasmyn.

Perlemoenskulpe en Sterjasmyn 

Pers Nierembergia en die grys lamsoor is gelukkige bure.
Nierembergia en lamsoor

Selfs plek vir die beskeie ou kappertjie wat hierdie ou stomp geselskap hou.



'My Ouma' - kyk hoe gelukkig is sy hier naby my agterdeur.
'My Ouma' - gunsteling roos

Rose, Pepermint en daisietjies

Die sliertige slierte van die Convolvulus met haar bloupers blomme - darem so mooi in die hangmandjie.
Slierterige convolvulus in die hangmandjie
Teksture en skakerings van groen.
Elderbessie, Vlas, Japanese Bamboes en nog ander
En nog kleure en teksture.
Coprosma, Wilde Salie, Blou aartappelbos, Pers Geranium Maderense, Skoenlapperboom, goue elderberry en 'n kamferboom na agter


'n ou ysterkot afgetree in 'n bed van ivy onder die swiepende takke van die bignonia cherere
  
Links af - Geel botterblomme, vinkel, coprosma, pienk bauhinia.  Regs goue sipres, vlasstruik en nog ander plante 
Bauhinia Variegata.

As jy hou van tuine - op 'n ander geleentheid het ek tuingemaak vir Helderberg Hospies se Opetuindag.  Loer gerus hier op my ander Blog, Findingprettyagain.blogspot.com

Hier en daar sal jy sien ek praat van "Laurette se kiekie" as ek een van haar mooie foto's gebruik het. Meer oor Laurette (sy is 'n fotograaf) op haar blog en ook hier.  Ander foto's my eie.

Terloops, een van haar jongste blogposte is juis toe sy kom kuier het in my tuin.  Loer hier tog hier. SO MOOI!


 



3 comments:

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...