2010-12-13

Goeterjasies in my Tuin

Die ander dag ontdek ek 'n ou vriendin en ons drink koffie na 40 jaar.  Ons deel 'n gesamentlike liefde.  Tuin!

Ons stem saam dat ons tuine 'n wonderlike ontvlugting is en 'n plek is waar ons ons siel herlaai.

Soms speel ek so lekker in die tuin - met goeterjasietjies en botteltjies en afferinkies.  Op hierdie dag het ek ou botteltjies wat reg was vir die herwinningsdrom 'n nuwe kans gegee, en ek het hul belint en bestrik en behang.

Sterjasmyn en 'n agapant - swaaiend in 'n ou botteltjie
 Beblomde ou botteltjies 

Gebottelde blomme wat swaai in die wind
 met miniatuur hemelsblou agapante
en sterjasmyn wat skaamteloos flirt met my neus


Gebottelde botteltjie
  


Hier het ek ou lanterns se wintervaalgeid afgewas en hul laat gloei met handevol frillerige blosende sjokking pienk bignonia sherereblomme.


 

Selfs hierdie arme pot restios kon nie wegkom nie en is ook behendig
gegryp en behendig beknoop in 'n hart
en net vir die breggerigheid,
betooi met 2 windgewaste ou alikreukelskulpe.

  


Eenkant vang die eerste grenadellablom my oog.  Hoe kan soveel mooigeit in een blom bestaan?  Dit lyk soos iets wat 'n skokkende makeover gehad het!





Hier het moeder natuur die vroutjiestandbeeld vir my getooi met 'n rankplantjie wat my elke jaar verras met sy  perfekte ou mooi pers blommetjies.  
Die ou geroeste ysterkatel, die sterjasmyn,  'n opslaanvyeboompie en 'n grysgraspol
Hul mal baklei vir spasie om deel te wees van hierdie mooi prentjie En dit als by my agterdeur 
alles sommer so vanselwers.


 
Toe ontdek ek weer die halssnoer skulpe wat Ma en ek destyds op 'n weskustrippie (na Pa se dood) van die klonkies vir R5.00 gekoop het. - ek onthou die arme goed (die skulpstringe) het nog my kar laat bestink en hier hang hul nou ewe mooi aan 'n boom -
met 'n ou perlemoenskulp vir ekstra glamour - ek sweer die boom smile hieroor ;)

Ninon se klei uiltjies - hul laat my altyd smile - sit ook asof hul betaal word vir die foto - ewe windgat
  
Lekker ou hoekies van my tuin - jul bring my soveel genot.
Posted by Picasa

No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...