2011-01-16

Afrikaanse Kuierplekke


Vir een of ander rede sukkel ek altyd om Afrikaanse Blogs op te spoor .... ek het op 'n paar afgekom en deel dit graag hier

Daar's nogal heelwat plekke waar ek pitkos en woorde van inspirasie kry ... soos hier by Ansonata waar sy 'n pragtige gedig oor Hoop skryf ...



 ... "in die donker kamer van my hart
skuil daar saans ‘n spinnekop,
ek het ‘n blom as wapen
wat ek vashou met alle mag
en vee daarmee die fyn gespinde drade uit die pad
met stuifmeel wat glinster
verdring dit die swart van die nag
die blom se naam is hoop…."

Nog 'n blog wat binne die eerste paar woorde jou mondhoeke lig is JanseTwak ... ek haal 'n paar lyne aan van 'Die Prys van Lus'

... "Dis nou genoeg, besluit ek en Mamma.  Die vier kinders.  Heeltemal genoeg, ons soek nie nog nie.  Daar moet plan gemaak word en ons bespreek die verskillende opsies.  Geheelonthouding is beslis buite die kwessie, dan kan ek net sowel ophou rook.  Ons bekyk die Rooms-Katolieke se kalender-metode.  Dit is heeltemal te onbetroubaar en ‘n kalendermaand het hopeloos te veel dae en geleenthede.  Lus op ‘n verkeerde dag kan van ‘n Katoliek ‘n Dopper maak....." en verder aan

"Ons vat toe maar vir Mamma vir die inspuiting.  Dit beteken drie maande se kommerlose kafoefel en ons stel ‘n selfoon reminder om ons te onthou wanneer speeltyd verby is.  Maar die inspuiting akkordeer nie so lekker met Mamma nie; neuk kwaai rond met haar hormone.  In die week het sy gloede en lyk soos ‘n gifappeltjie wat moerbeie geëet het.  Naweke klim sy op die huis se dak en skree vir die Blou Bulle.  Ons gee nie die eerste drie maande op nie, miskien moet haar lyf net gewoond raak aan die goed."

en nog verder

“Ons kan jou laat knip, Pappa.

‘n Vreeslike rilling gaan deur die teiken-gedeelte en ek sit my hand beskermend oor my juwele.  Ek sê vir Mamma dit gaan wees soos om vir ‘n Ferrari speed control op te sit. Een of ander tyd gaan die ding breek en dan’t ons moeilikheid"

Gaan lees die HELE artikel - Jan skryf lekker ...

2 comments:

  1. Baie dankie vir die mooi woorde. As jy meer Afrikaanse blogs soek, kyk ook gerus hier:

    http://www.blik.co.za/

    Groete
    Jan

    ReplyDelete
    Replies
    1. En hier sien ek nou eers Jan se reaksie. Dankie hoor.

      Delete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...