2011-01-16

Ma se blompot gaan matriek toe!




More is die laaste keer wat jy vir oulaas jou eerste skooldag aan die begin van die jaar tegemoet sal gaan.

Ek dink skielik aan 12 jaar gelede toe jy  met blinkogies en 2 parmantige boksterte graad 1 begin het.

Ma se blompot;
hoe gou het die tyd nie gevlieg nie -
hier staan jy nou op drumpel van die wêreld wat ooparms vir jou wag; 
reg om die laaste skof aan te durf;
aan te durf met 'n nuwe wipperige wip in jou stap.

Ek sien jy raak bietjie verbouereerd;
verbouereerd en oorweldig oor watter studierigting om te kies.  Ma verstaan.

Kies tog ene waar jy jou vlerke kan sprei;
sprei om te vlieg na ongelooflike hoogtes
om daar te groei en te word en te wees
in die beste jy waarvoor ons lieweHeer jou gemaak het.

  
Toemaar Masekind 
ek het vrede,
dit maak nie saak wat jy kies,
ek weet jy met oorgawe sal aanpak.

Ps - en ek weet jy sal jou ontferm oor die nuwe graad aggies
was dit dan nie net gister wat jy ook met bewende bene in hul skoene was nie? 


Mooiloop die laaste skof
Ma se liewe kind





lees ook hier







5 comments:

  1. Ai ek lees die heimwee! As ek die Ma reg lees, dan is daar nie bekommernisse nie!

    Jan

    ReplyDelete
  2. Pragtig geskryf ma met die blompot meisiekind. Mens leer hulle vlieg, maar terselfdertyd wil jy hulle in die nes hou. Sissi

    ReplyDelete
  3. dit maak my sommer chunk.
    ek verstann nie alles nie..
    jy weet my afrikaans is ongelooflik swak.
    ek weet nie eers asof wat ek se maak saak..
    maar dankie:)
    jy skryf baie mooi mamie:)
    lief vir jou
    verskoon my asof my "comment" is "uninterpretable"
    ek probeer:)

    ReplyDelete
  4. Ma se liewe blompot, (Cat hierbo), die woorde is geensins bedoel om jou te laat 'chunk' nie, my kind wat unieke Afrikaanse woorde opmaak (sy's Engels jy sien) ... en jy kan maar enige tyd jou uninterpretable comments stuur - en Ma weet jy verstaan genoeg - anders sou jy nie 'chunk' nie ;) ... lief jou my skat.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...