2011-04-02

Camembert Jou Lekker Ding!

'n Rukkie gelede het ek op die ingewing van die oomblik ingeskryf vir 'n kompetisie op my vriendin Jacobi se ongelooflike koskolom, vir twee kaartjies na die kaasfees by Bienne Donne ... mens moes 'n versietjie opmaak oor wat jou geliefde kaas is en hoekom. 


Romerige camemberg het dadelik in my gedagtes regop gesit, en ek't gedink aan 'n geliefkoosde ontbyt op 'n winterige Sondagoggend in Kleinmond, met die koerante oral gestrooi, 'n vakerige klomp tieners - want daar's altyd 'n pel of 7 -  wat uit die kamers uitpeul met komberse om hul gedraai, al agter die reuk van liggeroosterde croissants wat uit die ou hinkende defy stoof deur die sleutelgate van hul kamers gewurm het. 



Dit was nie moeilik om die ou gediggie vir my ou favourite kasie te skryf nie en siedaar! - ek't twee kaartjies gewen en Mammi en Pappi het 'n heerlike dag gehad. 



"CAMEMBERT!


Dit was 'n onverwagte verrassing ..
die dag toe ek jou ontdek het ...
op hierdie dag, het ek soos altyd my neus opgetrek ..
hoe kan 'n kaas met 'n dreigende muflagie...
en wat effens uitpeul wanneer jy dit sny ...
enigsins lekker wees?

En toe ... op 'n dag ...
op 'n oopgevlekte effens geroosterde croissant ..
met dungesnyde ingelegde stroopsoet vye daarop ...
toe ... toe proe ek dit ...
en die smaak het my oorrompel
toe dit flirt met my sintue

En nou?... volslae verslawing!"

Gaan loer tog in op my ou skoolvriendin Jacobi se koskolom vir die heerlikste resepte en kry sommer terselfdetyd 'n deeglike en interessante geskiedenisles oor die oorsprong van baie disse. Eerlike restaurant resensies (is dit die beste woord vir review?), kompetisies en nog baie ander redes hoekom jy dit sal geniet om kort kort daar in te loer ....  

ps .. wees gewaarsku - jy gaan honger word. 


Meringue Chocolate Coffee Cake  ...
bloot die kombinasie van daardie woorde is genoeg om my kwylspiere te aktiveer


die skakel na die resepte

en terwyl ons van kos praat ... ek's nogal nie verbaas om te sien dat sy hierdie oulike sjef se koskolom aanbeveel nie. 'n Oulike man wat kan kook?   


jn-01881


pps .. laat weet as jy iemand kort om te kom proe - ek sal blomme en kerse bring, die tafel dek, ... ok?





1 comment:

  1. Haai,

    Dis 'n pragtige webwerf en dankie vir die mooi woorde. Ek sal sommer beslis hier by jou kom inloer, dis soos vakansie hou met tjoklits hier by jou.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...