2011-08-15

Ruik jy ook die Lente?



Oor die naweek het ek die eerste jasmynblom in my tuin geruik voordat ek dit gesien het en die lug soos 'n hond besnuif totdat ek dit weggesteek agter 'n bos ontdek het.  Die bome in die tuin slaap nog, maar die onkruid floreer asof hul betaal word. 


Ek kan nie wag vir wanneer die poppies en die botterblomme hul jaarlikse dans in my tuin hou nie... en vir wanneer die lavender langes die paadjie swaar dra.

 Hier pluk ma-se-eie blom lavender - 'n paar jaar gelede - toe sy nog klein was.  Ek sien uit na my skokkende rooi bignonia sherere (blood trumpet vine) wanneer sy weer soos flerrie oor die ou deur hang.


Ek's gek oor die laang lote wat sy ongemerk liefderik om iets krul of net tok-tok aan my kamerdeur om my te nooi om koffie onder haar koel mantel te kom drink.
 


Elke jaar is'k van vooraf verlief op die agapante wat soos kandelare pronk en in die wind hul blou antennas waai, om te sê: 'hier's ek weer, hier's ek weer, met my bloublommetjies voor jou deur - tralalala'...

...dan pluk ek 'n paar dat hul in die botteltjies by my agterdeur kom verder dans - styf  langes 'n takkie jasmyn of nicotiana en nou en dan bestrik  met 'n vars lint.




Lente en geel blommetjies laat my dadelik dink aan die ingerygde blommekransies wat ons as kinders gemaak het, nes hier onder ...



Ma-se-eie-blom (die einste ene wat vroeër ma-se-laventel pluk), saam met haar kleinniggie. Hul het blommekransies gemaak ... en nes toe ons klein was, het sy geweet om haar grootniggie se hare daarmee te betooi.

 

 

Kom Lente - ons wag vir jou!



 

No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...