2012-01-01

2012 - Ek pluk vir jou 'n Katjiepiering



Dis 'n minuut na middernag

en ek pluk vir jou 'n katjiepiering ...

met een druppel van die nag se dou ..




vang tog die reuk in jou geheue vas ... 

en hou dit vir eendag ...

om eendag wanneer jy dalk verlang 

om jou skouers te hang  ...






Ek gooi 'n paar drome

en gebede

in die lug ...

om saam met die sterre

glinsterend te dans

.. en ek sien uit ..

ek sien SO daarna uit

om hul ooparm te vang ...

Vrede ...

Liefde ...

Hoop ...

Vreugde ...

vir jou in 2012 




3 comments:

  1. Replies
    1. Baie dankie - dis gaaf van jou om in te loer :)

      Delete
  2. Baie dankie vir die lafenis. 'n Plekkie waar mens bietjie kan skuilhou teen die storms daar buite. Op my beurt wil ek jou graag bekendstel aan iemand eweneens besonders: Ann Voskamp. http://www.aholyexperience.com/one-thousand-gifts-book/

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...