2012-05-03

Vroegoggend - in die armholte van die na-nag

Dis vroegoggend ...
en ek lê doodstil in die armholte van die na-nag
wat huiwer en traag is om die  môrelig te groet.
'n Gevoel van geborgenheid kom sak stadig oor my,
       kom omvou my
               troetel my ...
                       met 'n onsigbare maar tasbare teerheid.






Dankbaarheid kom vlei homself langes my
Herinner my van vergete seëninge
Genade en liefde vul my wese
     en vir daardie oomblik lig my siel
            op vlerke van genoeglikheid ....



6 comments:

  1. My liewe Sissi, ek ia dankbaar vir ons vriendskap. Dis 'n groot seening. xx

    ReplyDelete
  2. Heerlike droomgedagtes Karin! Dankbaarheid is SO 'n sterk en wonderbaarlike gevoel om ons dag mee te begin. Dankie vir die deel hiervan!

    ReplyDelete
  3. Dankie Elizabeth - lekker om van jou te hoor.

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...