2012-07-09

Sal jy saam met my in die Sproeier dans?






Soms verlang ek na 'n kleintyd wat ek al van vergeet het
Verlang ek na kinderlike kaalvoet onskuld
na ring-a-rosies, wegkruipertjie en vroteier 
en om uitasem en laggend op my rug te val op 'n sagterige bed van dennenaalde,



Kom ...
sal jy vir 'n oomblik saam met my  klein wees?
Sal jy saam met my vergeet van 'n more wat eintlik vandag is?
Sal jy saam met my jillend en gillend in die sproeier kom spring en dans?
Tot ons altwee sopnat omval in vergete uitgelatenheid
En die oomblik vasvang, toedraai en vasbind met 'n strik, 
Om eendag op een of ander  more, wat eintlik nou is, weer uit te pak?

Sal jy?

Kiekie vanaf Internet



4 comments:

  1. As mens se kinders klein is kom sulke oomblikke spontaan. Ek vergeet nooit die dag toe ek en my jongste seun in die paskamers gedans het- met Ma in n nuwe rok!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Marie - kan my voorstel die joligheid in die paskamertjie. Loer weer in. :)

      Delete
  2. Replies
    1. En altyd lekker om te weet jy het ingeloer Elizabeth

      Delete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...