2012-10-28

My wêreld is een groot bloeiselboom


Ek sit op 'n wolk en ek droom
Ek's weer net 'n kleine bietjie entjie mens
met poffer pokkelhandjies 
en ene pienkerige bolwangetjies

My witterige valletjiesrige rok is gemaak van 'n wasige wollerige wolk
My babarige blonderige hare glinster in die glans van 'n oggendstraal
Die vere van my vlerke is donserig en spierwit 

My wêreld is een groot blosende pienk bloeiselboom
Ek's weer 'n kleine bietjie entjie mens
en ek sit op 'n wolk en ek droom.

2 comments:

  1. Hello Karin!! Maar is ek bly jy het by my dotjie gaan inloer en my hier na die fraaie mooie kolletjie toe gelei! Ek sukkel mar bietjie met Afrikaans, maar baie dakie vir die wonderlike boodskappie wat jy op my blog gelos het! Sjoe ek kan lank hier kuier en uitspan ed sal beslis na ouer griffeltjies loer! Hierdie een was pragtig gewees!
    Veronica

    ReplyDelete
  2. Dankie Veronica - jou Afrikaans is glad nie sleg nie. Dankie vir die inloer. My English blog you'll find at findingprettyagain.blogspot.com

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...