2013-01-09

Jy's deel van my puzzle

Hoe lyk jou puzzle?


Wonder jy ook soms hoe en waar pas jy in die wonderlike lewe in?  Ek het die antwoord!

Ons is almal puzzles - legkaarte van die lewe.  My legkaart is anders as joune en my puzzle is opgemaak van stukkies puzzles van ander puzzles. En om dit uit te puzzle is nie moeilik nie.  

Ons almal verryk of vertroebel mekaar se lewens deur dit wat ons doen of nie doen nie.  Die woorde wat ons aanmekaar ryg en formuleer het die vermoeë om 'n ander se dag op te helder - of nie.  Die uitdrukking in my oë vertel 'n duisend stories.  My kinders weet so goed as hul my seergemaak het deur bloot in my oë te kyk.  Dan vertroebel my puzzle.  Dis dan wanneer ek skielik ongevraagde hulp met skottelgoed en koppies koffie en tee as vredemakende offerandes langs my neergesit word en my puzzle kry sommer dadelik weer 'n nuwe spatsel kleur.

Het jy al gesien hoe helder die Checkersteller se gesig op wanneer jy vir haar groet op haar naam - en as dit vreemd op die tong is, hoe lekker sy lag as jy vra om jou te help om dit uit te spreek?  Haar puzzle was dalk vaal tot daardie oggend.

Ek hoop jy kleur iemand se puzzle bietjie in vandag.



 


1 comment:

  1. Ek is bly en dankbaar dat jy deel van my puzzle is Sissi! Mooi gese (kappie wil nie op nie). xx

    ReplyDelete

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...