2013-03-18

Hy was sy Ma se kind

Hy was sy Ma se kind 
al het hy als neffens sy siel verloor
was hy steeds haar kind
al het almal hul rug op hom gedraai
was hy steeds sy Ma se kind
al was sy wil geknak
sy siel gekneus
sy lyf verinneweer,
hy was steeds,
vir altyd,
 sy Ma se kind.

Hy was sy Ma se kind.
in die sagte bries van die bergwind het hy sy troos gesoek
 en soms gevind
'n hond, 'n meerkat, 'n eekhoring en selfs 'n uil
het die ongerepte geborge kind in hom ontdek.

 Bome, hoë bome het hom altyd bekoor
hy kon liries raak oor 'n denneboom
soos 'n wildsbokkie wegraak in 'n bos.
In die ritsel van die veld
in die suis wind
kon hy homself verloor.

Die wind, die see, die berg
daar kon hy ongehinderd en vry bly droom
daar waar hul hul uitgestrekte arms gewillig om hom vou
sonder oordeel
sonder eise
as geen mens kon of wou.


In sy bejaarde ou Ma se oog was dikwels 'n huiwerige traan
as sy verweg gedink het, 
gewonder het,
gebid het,
oor die afgedwaalde seun
hy was immers steeds sy Ma se kind.

Met die jare heen het die juk van die lewe te swaar geraak
sy kunstigheid vir ewig van sy hande gewyk
die swaarkry na elke winter het sy merk gelos
nou sweef sy siel saam met die wind, die see en die bos.

Hy was tog steeds immers sy Ma se kind
hy was ook
my Ma se kind

Ma se kind - my boetie - ek soek jou steeds in elke dennebos
ek luister steeds vir jou stem in die wind
Mag liefde en vrede hul arms om jou vou
jou elke aand aan die slaap wieg
Die driewiel is opgerig ter nagedagtenis aan Ingrid Jonker wat baie van haar kindertyd in Gordonsbaai deurgebring het wat op die strand daar aangebring is.  Die woorde wat wat daarby verskyn is:

"The child just wanted to play in the sun"  en

"The child peers through windows of houses and into the hearts of mothers"






6 comments:

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...