2011-09-11

Kom - ons stap bietjie in die wind ...


Jy bly maar 'n liewe ou skat
en op hierdie erf
'n mooie lawwe ou kat ...


Ek wonder wie fluister in jou oor
dat net jy weet wanneer dit tyd is ...
 tyd is dat jy jou lenige harige lyf
 hier op my skoot moet kom lê




Dankie my liewe ou katterjas
ek't nie eers besef - tot nou
dat hier 'n lastige brosserigheid ...
'n krapperige broserigheid
'n ongenooide swarerigheid 
vanmiddag in my krop kom skuil het nie ...

Kom ma-se-kat
kom ons gaan stap bietjie buite ...
tot daar waar die jasmyn blom 
en die poppies hul koppe begin lig
kom ...
kom ons gaan stap bietjie buite in die wind.




Ma se ou katterjas ...

No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...