2010-01-09

Die Engele het liewe Ma kom haal ...


Die son het daardie oggend geskyn ...

... en die katjiepieringbos het sy eerste

blom geblom ...

... en Ma, ek glo die Here het daardie oggend

daardie katjiepiering net vir jou laat blom,


en die blom was perfek ... nes Ma vir my was ...

daardie dag toe die Engele

vir jou, my liewe Ma kom haal het ...



en ek't vir jou die enigste blommende 


katjiepiering gaan pluk Ma ...

en saam met 'n stuk van my hart

op jou skouer gelos ...



 net nadat die Engele vir Ma kom haal het.

Ek mis jou Ma ...

ek sal eendag nog skryf Ma

... anderdag ...

... oor 'n rukkie ...


... vireers soek ek asb 'n

sagte bandage ...


draai dit tog saggies om my hart ...


ek mis jou so,

my liewe Ma ...



(lees ook hier oor liewe Ma)


No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...