Dis 'n minuut na middernag
en ek pluk vir jou 'n katjiepiering ...
vang tog die reuk in jou geheue vas ...
en hou dit vir eendag ...
om eendag wanneer jy dalk verlang
om jou skouers te hang ...
Ek gooi 'n paar drome
en gebede
in die lug ...
om saam met die sterre
glinsterend te dans
.. en ek sien uit ..
ek sien SO daarna uit
om hul ooparm te vang ...
Vrede ...
Liefde ...
Hoop ...
Vreugde ...
vir jou in 2012
Sulke mooie wense!
ReplyDeleteBaie dankie - dis gaaf van jou om in te loer :)
DeleteBaie dankie vir die lafenis. 'n Plekkie waar mens bietjie kan skuilhou teen die storms daar buite. Op my beurt wil ek jou graag bekendstel aan iemand eweneens besonders: Ann Voskamp. http://www.aholyexperience.com/one-thousand-gifts-book/
ReplyDelete