'n Hele ruk terug
Een verveelde koelerige oggend
drentel ek en die kameratjie in die strate van Stellenbosch
op soek om blerrie boring af te skud
stap ons twee alleen
myself en blerrie boring ekke
kliek kliek hier
en kliek kliek daar
soos 'n verveelderige plaashoender
verveeld met sy boring menu
van blerrie boring mielies
' ja jou wannabe hoender - ek voel ook so' |
pik pik maar hier
en pik pik maar daar
'O jou mooi balkon. Waar's jou Ma?' |
Toe skielik
raak die menu interessant toe hierdie prentjie voor my kom staan
vier vrouens - drie kaalvoet en een gepolvaai
Opgedress in rokke van kant
van kaalgattoon tot geswieshde haardoskroon
met die mooiste bestrikte bos rose in elke hand
"Ja ja, hier kom 'n wedding
Ja ja, hier kom 'n ding
Ja ja, neem maar 'n kiekie"
En vol van lag
en vol van giggel
pose die beautiful vier girls
(en ook die swartkopvrou langs die balie)
net vir my
in die middel van die straat
een miserable oggend
in Stellenbosch
.
Daai voetjies heel regs moet nog relax |
ja, ja |
wragtag tot in sy bliengkien glory!
Cheers!
Blienkien boring het sy gat gesien |
LOVE!!
ReplyDeleteDankie vir die inloer Marlene.
Deletelovely K
ReplyDeleteDankie!
DeleteEn nou is my blerrie boring ook sommer vir die res vanni week in sy glory!
ReplyDeleteMooi gegooi Karin!!
Hoe lekker om van jou te hoor Guido. Dankie ou vriend.
DeleteLekker gelees aan jou rympie Karin! Mooi foto's!
ReplyDelete