2009-06-20

Ma se meisiekind ...

More is my kind 16  
my huppelkind,
my blompotkind,
my lawwe kind,
my mooiste enigste meisiekind






op die drumpel
van grootwees staan sy 
en oor haar skouer loer sy 
loer sy na gister se sorgelose 
giggel-en-babbel- se kommervrydae 







met sterre en onskuld
in grootbruin oge 
kyk sy afwagtend na môre 
Here, 
bewaar tog my kind












Hier's nog soos hierdie! HIER







No comments:

Post a Comment

Los vir my 'n griffeltjie .. ek's mal oor briefies ;)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...