Ek kyk na hierdie ou kiekie van liewe Ma ..
en ek verkyk my na die skoonheid en lewensafwagtig
vasgevang en verewig hier op swart en wit.
Mooi getooi vir die geleentheid - dalk was dit die dag wat sy vir
Ouma, haar toekomstige skoonma, ontmoet het.
en ek verkyk my na die skoonheid en lewensafwagtig
vasgevang en verewig hier op swart en wit.
Mooi getooi vir die geleentheid - dalk was dit die dag wat sy vir
Ouma, haar toekomstige skoonma, ontmoet het.
Mooi gelint in die hare
mooi kuis bestrik voor haar bloes - ek wonder wat was die kleur?
En hieronder,
as blosende bruid in 1940
.. en ek is so bevoorreg om vandag te kan deel ..
dat dit goed gaan met my liewe Ma ..
nog helder van verstand en nog 'n sin vir humor
ten spyte van die stadiger pas, die dowwer visie
en die kwynende gehoor ..
en ek deel graag hierdie kiekie ..
'n kiekie van liewe Ma .. ..
.. op haar 95ste verjaarsdag nou die dag in Junie .. ..
..ek's lief vir jou, Ma ....
Dankie vir die mooie mooi van jou kraaltjie.
ReplyDeleteEn ek kan my verkyk aan jou Mamma op haar troudag -- sy was asemrowend pragtig! Maar ag, kyk dan net die innemendheid van die liewe lag hierbo...koester haar tog elke oomblik. (My ou Moederma, toe amper 91, is verlede jaar Huistoe. Dis baie sleg om agter te bly.)
Baie dankie Mariki vir jou griffeltjie. Ek het pas 'n hele week met Ma gespandeer in Kleinmond ... net ek, sy en die hond ... en sal later daaroor uitwy ... dit was kosbaar. Kostelike foto's en herinneringe wat ek later sal uitpak en uitpluis op hierdie blog. Groete vanuit die Kaap.
ReplyDelete