Kegan en Neo |
So 11 jaar gelede het ons gehoor van
hom,
van hom en sy boeties en sussies
in 'n bleddie swartsak
vroeg een oggend op die ashoop gevind
ons harte het dadelik vermurwe vir die
ou dingetjie.
Hy't lank nie gemiaw nie
ek reken hy't sy miauw opgemiauw
in daardie bleddie donker luglose
plestieksak.
In ons harte het hy homself, sonder
seremonie
Ingewurm, ingevroetel en ingesmokkel.
'n Goeie companion is die ou harige diertjie,
altyd soekend na 'n gewillige skoot.
Hy's die getrouste pel tydens 'n siekbed
en selfs gewillig om Ma se bril te verdra
altyd soekend na 'n gewillige skoot.
Hy's die getrouste pel tydens 'n siekbed
en selfs gewillig om Ma se bril te verdra
net vir hierdie kiekie.
Hy's glad nie 'n 'basket case' nie, ou
liewe Neo
hy't al die grootste rotte huistoe
gebring,
net vir show en tell.
Met sy blitsige voorpoot het hy elke liewe koivis gevang
myne en ek vermoed die heelwaarskynlik die hele buurt s'n
- die boggertjie
terwyl Ma nie kyk nie, natuurlik
enige beskaafde kat kort mos sushi.
enige beskaafde kat kort mos sushi.
Ou harige liefste dierasie
jy hoe kan ek dan vir jou kwaad bly as jy so leepoog vir my loer?
jy hoe kan ek dan vir jou kwaad bly as jy so leepoog vir my loer?
Kom sit maar dan op my skoot
daar's altyd 'n ou holtetjie
hier onder my handpalms
Karin, jy se in woorde wat ons wat te woord dom is voel! Te pragtig!
ReplyDeleteBaie dankie... dit beteken vir my baie as ek sien my woorde raak ander aan.
ReplyDelete