Hy was sy Ma se kind
al het hy als neffens sy siel verloor
was hy steeds haar kind
al het almal hul rug op hom gedraai
was hy steeds sy Ma se kind
al was sy wil geknak
sy siel gekneus
sy lyf verinneweer,
hy was steeds,
vir altyd,
sy Ma se kind.
vir altyd,
sy Ma se kind.
Hy was sy Ma se kind.
in die sagte bries van die bergwind het hy sy troos gesoek
en soms gevind
en soms gevind
'n hond, 'n meerkat, 'n eekhoring en selfs 'n uil
het die ongerepte geborge kind in hom ontdek.
Bome, hoë bome het hom altyd bekoor
hy kon liries raak oor 'n denneboom
soos 'n wildsbokkie wegraak in 'n bos.
In die ritsel van die veld
in die suis wind
kon hy homself verloor.
Die wind, die see, die berg
daar kon hy ongehinderd en vry bly droom
daar waar hul hul uitgestrekte arms gewillig om hom vou
sonder oordeel
sonder eise
het die ongerepte geborge kind in hom ontdek.
Bome, hoë bome het hom altyd bekoor
hy kon liries raak oor 'n denneboom
soos 'n wildsbokkie wegraak in 'n bos.
In die ritsel van die veld
in die suis wind
kon hy homself verloor.
Die wind, die see, die berg
daar kon hy ongehinderd en vry bly droom
daar waar hul hul uitgestrekte arms gewillig om hom vou
sonder oordeel
sonder eise
In sy bejaarde ou Ma se oog was dikwels 'n huiwerige traan
as sy verweg gedink het,
gewonder het,
gebid het,
oor die afgedwaalde seun
hy was immers steeds sy Ma se kind.
Met die jare heen het die juk van die lewe te swaar geraak
sy kunstigheid vir ewig van sy hande gewyk
die swaarkry na elke winter het sy merk gelos
nou sweef sy siel saam met die wind, die see en die bos.
Hy was tog steeds immers sy Ma se kind
nou sweef sy siel saam met die wind, die see en die bos.
Hy was tog steeds immers sy Ma se kind
hy was ook
my Ma se kind
my Ma se kind
Ma se kind - my boetie - ek soek jou steeds in elke dennebos ek luister steeds vir jou stem in die wind Mag liefde en vrede hul arms om jou vou jou elke aand aan die slaap wieg |
"The child just wanted to play in the sun" en
"The child peers through windows of houses and into the hearts of mothers"
Lovely, very sweet.
ReplyDeleteThank you Wendy :)
DeleteEk verwonder my keer op keer aan die skoonheid van jou siel. xx
ReplyDeleteDankie :)
DeleteDit raak my weereens Sissi. Drukkie. xx
ReplyDeleteDit maak my bly Sonja - dankie.
Delete